Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy SMS

Stuur jou SMS na 45589. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Doodslag, moord en inbrake daagliks, maar nêrens hoor ek van nuwe tronke wat in aanbou is nie? – Eben, Parow

As julle die aanranding van vroue wil stop, kastreer die aanrander. – Gerrit, Kraaifontein

Dorpsbeplanners moet die skuld kry vir hoofroetes wat gedurig toe is weens protesoptrede. Grabouw, Somerset-Wes, Worcester, ens. Plakkerskampe word reg langs hoofpaaie opgerig en toegelaat. – Jakobus

Al wat CR oor xenofobie moet sê, is wat Barack Obama destyds gesê het: “Hooliganism and looters.” Einde van storie. – Leser

Nou raak ons onregeerbaar – die inhoud en einddoel van Julius Malema se propaganda is onregeerbaarheid. – Nigrini

Wat noem mense dit nou? Is dit nou Malema se “black VBS monopoly capital”, of hoe dan nou? – Kobus, Jeffreysbaai

Ek lees vandag Die Burger en besef net weer in watter deurmekaar, korrupte en gewelddadige land ons woon. En ek is opnuut vies vir my voorvaders wat hierheen geïmmigreer en nie in beskaafde Europa gebly het nie! – Beatrice van Durbanville

By die Victoria-waterval is ’n reusestandbeeld van Livingstone. Die plaaslike gids se woorde was: “We did not pull him down – you can not change history.” – Anoniem

Pienkes is reg, want ons is na sy beeld geskape. Lees weer jul Bybel, of gooi die Ou Testament uit. – Louis Venter, Grabouw

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.