Stuur jou SMS na 45589. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.
Baie bly Helen Zille is terug om die DA weer rigting te gee. Ek hoop egter sy neem kennis van hoe Donald Trump hom op Twitter ondergrawe! – Johan v, Zyl, Bettysbaai
Die Helen Zille-ramp: Sy oorheers, sy lei nie, sy kan nie dans nie, sy lyk altyd ongemaklik, sy maak nooit oogkontak met haar kollegas nie, sy breek af en bou nie op nie. – Jakobus
Die DA en Leon Schreiber probeer visvang waar daar nie vis is nie. Die Cameron-inligting is gemeengoed. Nóg ’n rede om weg te stap van die DA. – Hans, Stellenbosch
Hoekom moet daar drie Engelse universiteite binne ’n radius van 50 km wees? Ek lees dwarsdeur die boereseun-rektor se skrywe! – Cois, CF
As mense Engels moet praat, vra hulle asseblief om goeie Engels te praat. – Anoniem
Die idee van ’n standaardtaal is ’n puristiese waan. – Les Mans
Ek dink die benaming “rugby” moet miskien verander word na “voetbal”. William Webb Ellis het blykbaar sokker gespeel en toe die bal opgetel en gehardloop. Nou word daar meer geskop. – EdP
Die Springbokke het ’n beter kans gehad teen die All Blacks as teen die Engelse. Die All Blacks word lankal oorskat. – Gideon Fourie, Bellville
Die Bokke maak ons trots. – Dave