Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy SMS

Stuur jou SMS na 45589. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Zuma se siekte het ’n naam: litikafobie – die vrees vir hofsake (veral as jy uit jou eie sak vir jou regskoste moet betaal). – Christo, Wes-Kaap

Wanneer al die buitelandse beleggings inkom, dink tog aan al ons pensioentrekkers wat met R60 per dag moet klaarkom! – Oom Willem

Sou pres. Cyril Ramaphosa in Tokio ervaar het hoe ’n sterk ruggraat voel? Kyk en leer, mnr. President! Jy skuld ons ’n wêreldbeker! – Hans Henrico

US-leerstoel in Afrikaanse taalpraktyk: Hoe lank gaan dit hou? Dieselfde lot as die leerstoel in Afrikaanse kultuurgeskiedenis wat met prof. Bun Booyens se aftrede verdwyn het? – Henk, WK

As jy wil hê iets moet by die regte persoon uitkom, vertel net die groot “geheim”: Moenie vir iemand sê nie. – Johann kdp

JP Smith, dankie dat jy sterk staan en weier dat diere deur vuurwerk getraumatiseer word. Ons het juis rigtinggewende mense in hierdie land nodig. – Krystal

Beast, vir die vet salaris wat jy verdien, is ’n volle dag se werk kardinaal. Danksy manne soos Jake White is jy waar jy vandag is. – Danie, Kuilsrivier

Faf, al wat krieketliefhebber in Suid-Afrika is, sal julle vergewe as julle die Engelse op die krieketveld ook ’n “rugbyles” kan leer. – Marthinus Bekker

Meer oor:  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.