Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy SMS
LW: Ons het ’n nuwe SMS-nommer. Stuur asseblief jou SMS na 36260. SMS’e kos R1,50 elk. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Jonathan Jansen tree op soos iemand wat nog nie vrede kon maak met wie hyself is nie. Vir iemand met sy intellek is dit nogal tragies. Herman, George

Van sy Kovsie-dae af was Jonathan Jansen al in die nuus vir sy ongelukkige woordkeuses. Dirk, Groot Brak

Fred Mouton, hou asseblief aan om ons dae op te kikker! Die een oor die “Soustrein” is van die bestes! Marina, Glentana

Fred Mouton jou bliksem! Dit was die beste spotprent van die jaar. Jy het ons dag gemaak! H. van Schalkwyk, Heidelberg

Dankie Dana vir die Touwsrivier-storie. Maar ek huil in my gemoed. Daar opgegroei. Petro (Stroebel) Heyns

Blykbaar word die staatsdiens as een van die junior departemente geag. Dit hoort nie so nie. ’n Regering is net so sterk as sy staatsdiens. Johan de Villiers, Oud-DG

Stem saam met Leser van Bredasdorp. Soms is Lynette Francis oorvriendelik, en net daarna kortaf. M. Louw, Villiersdorp

Behalwe vir die luukse items was Super Vrydag se spogpryse weinig beter as die gewone aanbiedings. Ben Haiser, Kaapstad

Die SAL is in die grond in bestuur deur onbevoegdes wat deur die regering aangestel is, maar nou vra die regering ons om kollektiewe verantwoordelikheid vir die SAL te aanvaar. Arrie, Panorama

Meer oor:  My Stem  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.