Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy SMS

LW: Ons het ’n nuwe SMS-nommer. Stuur asseblief jou SMS na 36260. SMS’e kos R1,50 elk. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Prof. Raymond Parsons, jy is polities reg, maar ons grootste probleem is die onbeteuelde bevolkingsaanwas wat gestimuleer word deur die staatstoelae wat aan arm 14-jariges betaal word as hulle swanger raak. C. P. de Jager, Outeniquastrand

Daar word te min gepraat en geskryf oor een van ons grootste probleme as ’n land, naamlik die onaanvaarbare aanwas in die bevolking. Daar is baie redes hoekom die aanwas beperk moet word, maar dit is nie die doel van hierdie skrywe nie. Waarom is daar vanuit die burgerlike samelewing nie ’n daadwerklike poging om die regering te kry om dringend iets hieraan te doen nie? JP van der Walt

Wetteloosheid en betogings sal toeneem, want as die ANC doen wat hy moet doen, val hy uit as die regerende party. Ben Haiser

Die besoekers aan ons kusdorpe help baie om ons besighede te laat oorleef. Dankie vir julle ondersteuning. Overstrander

Nee, Ané?van Zyl, tragies soos die noodlottige duikongeluk naby Uniondale is, was dit nie ’n “fratsduikongeluk” nie. Waar iemand ’n oordeelsfout maak, is dit nie ’n frats nie, maar ’n menslike fout. Brian Barnes, Somerset-Wes

Die private afvuur van vuurwerke is onsinnig en moet verbied word. G. Liebenberg, Gordonsbaai.

Meer oor:  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.