Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy SMS

Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Meghan, as jy regtig so lief is vir Harry en Archie, sal jy nie Kanada toe vlug en jou man agterlaat nie. Kan Harry nie sien jy wil die broek dra nie? Harry en William was baie na aan mekaar, nou kom breek jy die band tussen hulle. – Irene

Prins Harry is streng gesproke nie van die adelstand nie. – Jvandeventer

Dit is nou tipies van ons ANC-regering: Hou ’n “8 Januarie-toespraak” op 11 Januarie! – Jockey, Brackenfell

Johann Maarman slaan met Prontuit die spyker behoorlik op die kop oor die ANC en “Rampaphosa”. Doen so voort. Net jammer dis so laat. – Gideon Fourie, Bellville

Die land is in sy kanon in bestuur deur die Zuptas. Nou baklei die regering onder mekaar oor wie wat verkeerd gedoen het, in plaas daarvan dat hulle skouer aan die wiel sit om die gemors wat Zuma-hulle aangejaag het, reg te stel. – M.J. Bekker

Jacques, ek ondersteun jou gebed! Pres. Trump is die beste nóg! – Basil, Porterville

Hoe durf Prasa pendelaars aansê om alternatiewe vervoer te gebruik? Wat as my salaris nie ’n taxi se koste kan bybring nie? – Linette Verster

Die woordeboek sê ’n bonus is ’n “ekstra toegif of uitkering of ekstra dividend”. Die werkgewer moet dus winsgewend funksioneer om ’n bonus uit te betaal. Voldoen Eskom hieraan? – Eben de J

Meer oor:  Mystem  |  Brief  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.