Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy SMS
Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Nog nooit iemand teëgekom met so baie voordele soos Zuma nie! Hy het almal magteloos. Was dit nou ’n gewone man in die straat, was hy lankal vas. – Brackenfeller

Ek is seker daarvan dat Zuma ook hierdie ou siektetjie sal kan wegstort. – W. Smit

Hiermee wens ek hom ’n baie genotvolle, kommervrye siekbed toe. – Schalk, George

Ja, hoofkoning Cele, die skurke gaan ook hul wapens ingee en dan die ander skurke en jou “kollegas” se wapens steel om voort te stu. – M. Swart, Welgemoed

Die eerste fluitjieblaser oor die wapenskandaal was Patricia de Lille. Sy was vreesloos. Baie tyd vir haar gehad. Toe word sy stil. Waar is sy nou? Minister van Openbare Werke. – Hennie, Rondebosch

Graag doen ek ’n beroep op alle Afrikaanssprekendes om die kinders wat in ’n kerk in Kaapstad woon, te help. Maak jul harte oop vir die kinders van die buitelanders. – Oom Willem

Oor die skrywe van Marika van Greyton: Ek dink nie dis ’n gebrek aan mannekrag nie, maar eerder ’n gebrek aan die wil om te werk. – Johan Coetzee, Caledon

SA Krieket, AB de VIlliers het uitgetree in 2019, en nou wil hy terugkeer. Hoeveel WB-wedstryde het hy nie al gespeel nie, en het Suid-Afrika die beker gewen? Nee. Moenie agteruitboer nie. Brei eerder jong spelers vir die volgende WB-toernooi. – Avril Papier

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Sms  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.