Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy SMS

Stuur asseblief jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Dit is ’n plesier om Vrydae Steve Pike se weerkommentaar te lees. Dit is altyd interessant, onderhoudend, en in lekkerpraat-Afrikaans. Behou hom nog lank, asseblief! – Louis van der Watt, Stellenbosch

In die verlede is geld by belastingbetalers geleen. Wat van ’n 5%-lening, terugbetaalbaar oor drie jaar, om by te dra tot ’n Eskom-redding? – Eben de J

Die SAL wil in die lug bly. Hoop dat pensioenfondse in die kluis sal bly en nie ook vlerke sal kry nie. – Welgegroetjie

Die prominente staatskapers wat intens betrokke was by die Vrede-suiwelplaasprojek en ook die Vrystaat tot bankrotskap regeer het, baklei nou teen oranje oorpakke. Sien Zondo-kommissie. – M. van Niekerk

Wanneer gaan ons van Chris Steyn, die skrywer van Die seuns van Bird Island, hoor? Sy het ernstige aantygings gemaak, en nou is daar ’n doodse stilte. Waar is al die nuwe inligting wat belowe is? – Willie, Overberg

Een manier om die bevolkingsaanwas te keer is om die toelae te staak waarvoor jong meisies aansoek doen as hulle babas kry. Hulle raak glo swanger vir die geld, wat hulle definitief nie ver sal bring nie. – E. Smit

Ek wonder watter vergoeding nie-uitvoerende direkteure van al die staatsbeheerde ondernemings kry. Het die gereelde vervanging van rade dalk iets te doen met almal wat wag op plek by die trog? – Joos, Onrus

Meer oor:  Mystem  |  Brief  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.