Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.
Ek betaal R21,99 per kg vir nektarien-perskes by my plaaslike supermark – dis R21 990 per ton en die produsent/boer kry R3 000 per ton. Hoe kry ek die kloutjie by die oor? – James Thomson, Montagu
Richard Quest van CNN is ’n gerespekteerde joernalis en kon ’n objektiewe mening gee oor die haglike posisie waarin Suid-Afrika op alle vlakke van die samelewing onder die bewind van die Zuptas hom bevind. Cyril, jy en jou maatjies was deel hiervan! – Martin, Boston
Wapenwet: Eers die onteiening van jou wapen, dan jou grond. Dis hoe jy as iemand met iets, niks sal word. ’n Voorspelling wat reeds in die vroeë 1900’s gemaak was. – AB, Somerset-Wes
Proteas verloor 3-1, Blitsbokke eindig 10de – is daar iets wat ons sportmense kan wen? Dalk monopolie of domino’s – of is dit ook te veel moeite? Blameer weer maar vir Jan! – Neels de Koning, Protea Village
Faf is net ’n remskoen vir die Proteas. Los hom uit die span. – Vicky, Knysna
Faf wil soustrein ry. Dit moet die keurders wees wat vir hom moet besluit. – Nico
Proteas, stuur almal behalwe Quinten terug na hul klubs en probeer weer van voor af. – Henk, OK
Krieket, doer in die wapad brand ’n lig. Dis ongelukkig so ver dat ’n mens dit skaars kan sien. – Ben Haiser