Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy SMS

Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Groentemarkplein is in ’n chaos gedompel, maar Kaapstad beplan ’n karnaval. Bo blink, maar onder stink. – Johan, Hermanus

Verstaan nie waarom die vlugtelinge Kaapstad se probleem is om op te los nie. Moet ’n land se regering nie vlugtelinge uit ’n ander land hanteer nie? – Jep, Brackenfell

Dis tyd dat staatskapers en korrupte politici in die hof verskyn. Wetsgehoorsame belastingbetalers wil sien dat hulle boet vir hul vergrype. – Moeggewag

Die Kaapse noordelike voorstede het in die 1960’s geteerde paaie begin kry. Wanneer gaan dit weer gebeur? – Eben, Parow

Goeie idee – die lugspoor vir die Kaap. Dan kan almal van ver af die treine sien brand! – Dolce Far Niente

Nelson Mandela se beloftes was toe maar net leë woorde! – Jvandeventer

Vergeet van die Tygerberg-hospitaal wat reg is vir die koronavirus. Die virus gaan begin by die ANC met al sy vrot appels. Net tyd sal ons leer. – D.J., Kaapstad

Ek wil nie lelik wees nie, maar is dit nie tyd dat Reeva gaan rus nie. Elke jaar dieselfde storie. Ek het al 2 kinders verloor sedert haar dood. Beweeg aan, asseblief! – Maria

Rooikatte in Kirstenbosch: Rooikatte het glo nie spesifieke broeiseisoene nie. Van wanneer af broei rooikatte eiers uit? “Breeding season” is tog teelseisoen of paartyd! – Tom, Hermanus

Meer oor:  Koronavirus  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.