Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy SMS

Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

“Maties sê nee vir drank”: Dié wat graag drink – praat nie van een bier nie – sal steeds drink! Hoe is drank in die ouerhuise gehanteer? – Groenewald, Vredenburg

Glo dit as jy wil, ons gaan weer Kaapse Karnaval hou en Kaapstad val uitmekaar. Treine brand, daar’s ’n groot gemors voor die kerk op Groentemarkplein, mense word beroof en vermoor . . . Die geld kan baie eerder help om probleme op te los. – Moeg, Brackenfell

Maria (04.02), glo my, daar is baie wat soos jy voel oor elke jaar se storie oor Reeva Steenkamp. – Welma, Kaapstad

In Eikestadnuus van 30 Januarie verskyn 21 advertensies van werksoekers. Hiervan was tien van Malawiërs en een van ’n Zimbabwiër. Is dié verskynsel algemeen in Suid-Afrika en dalk een van die redes vir xenofobiese aanvalle? – C. Smith, Stellenbosch

Met Suid-Afrika se onbeheerste bevolkingsaanwas sal daar nooit genoeg skole wees nie. – Jasper, Somerset-Wes

Wou ook tennis gaan kyk het. Binne eerste tien minute weggewys. Nou kan hulle die kaartjies verniet weggee. Dankie, ek stel nie belang in skelmstreke nie. – Ben Haiser

Dis jammer dat Siya beseer is en ses weke langs die kantlyn moet sit. My beskeie bydrae is dat hulle hom in die groep moet hou, want net sy teenwoordigheid behoort die span aan te spoor. – Marthinus Bekker

Meer oor:  My Stem  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.