Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy SMS

Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

“Lotto-wenner wil met haar nuwe kar verby haar eks ry”. Só ’n bek moet jam kry! “You go girl!” – Lanita Marais, Gansbaai

Sal dit nie ’n wonderlike dag wees wanneer Malema sy mond oopmaak en iets sê sonder om haatdraend rassisties teen wit mense uit te vaar nie? – Jockey, Brackenfell

Teletubbie Malema, wat het jy of jou party al in die land tot stand gebring? Foeitog, al wat jy kan doen, is blykbaar ontwrig, en afbreek, en hier dreig jy alweer. FW de Klerk het styl, intelligensie, visie en gesonde verstand. – Maretha

Waaroor SA meeste bekommerd is (BY, 08.02): Die belangrikste is nie op die lys nie, nl. hoë aanwas van kinders by arm ouers wat hul opvoeding nie kan bekostig nie. – Frans van Schalkwyk, Franschhoek

Kan jy nou meer! Die polisievakbond Sapu vra vir sy lede beskerming teen misdadigers. Is hulle dan nie juis die ouens wat Jan Alleman (teen misdaad) moet beskerm nie?! – Dirk, George

Johan Bruwer (10.02), my standpunt is dat die skeppingsverhaal van die Bybel ongegrond is. Die wetenskap verskaf feite tot die teendeel. Bronne daaroor is legio en maklik bekombaar. So, lees maar self. – Arrie, Panorama

Wie se besluit was dit om Casper de Vries vir die Fiëstas te gebruik? Hy het dit belaglik gemaak. – Marinda, George

Meer oor:  Mystem  |  Brief  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.