Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy SMS

Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Mnr. die President, nadat ons pensioenfonds gesteel is en militêre gesondheidsdienste verval het, het ons niks oor. Watter beloftes sal jy nou aan ons maak. Ons is oud en het ons slaap nodig. – Maretha

Cyril, jy laat die hele land in die steek. Hoewel ek nie ANC is nie, het ek meer respek gehad vir Nelson Mandela. Wil nou lyk asof jy en Jacob Zuma broers van eenderse vere is. Ek skaam my vir jou en hierdie land. – Bemoerde Brackenfeller

CR moet in die staatsrede net enkele dinge behandel: Grond, NGV en Eskom, en sy stempel afdruk, nie Cosatu s’n nie. – Deon Hoon, Bellville

Is Ramaphosa se dae as president getel siende dat van die ANC-leiers hom ignoreer? – Jvandeventer

Is dit wetlik korrek dat munisipaliteite ’n heffing vir kragbeskikbaarheid hef, maar dan is daar geen krag? Is dit nie tyd vir ’n hofsaak nie? – EdeJ

Mense is ons kosbaarste bate in SA. Nogtans bied ons vervoerstelsels net ongerief vir pendelaars. Taxigeweld en treine wat brand, is tragies. Die pendelaars verdien beter. – Eugene, Wildernes

Kan die EFF asseblief sy naam verander na die Ontwrigtingsparty? – M.J. Bekker

Joke Kopper, jy is een van min wat tevrede is met die nuwe Telkom-foon. Ek en baie ander sukkel baie. – Johny, Strand

Meer oor:  Mystem  |  Brief  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.