Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy SMS

Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

As jy van 1 April af jou motor se 50-liter-tenk vol maak, sal jy R292 belasting betaal. Dis geen grap nie. Of miskien is dit ’n gekkedaggrap? – Eugene, Wildernis

Ons lees nog elke dag van al die bedrog en korrupsie wat in die staatsdiens plaasgevind het. Waar was die ouditeure wat daarna moes kyk? – E. Smit

Dit is verblydend dat die staatsdiens sy salarisrekening met R160 miljard wil besnoei. Begin net asb. by die onbevoegde en oorbetaalde ministers. – Swannie, Danabaai

Prasa het die vermetelheid om te praat oor die verwoestende uitwerking van Eskom se optrede in die Wes-Kaap (dat hy Metrorail se krag weens wanbetaling afgesny het). Prasa praat twak! Metrorail het self die verwoesting gesaai deur nie sy rekening te betaal nie! – Sue Collins, Citrusdal

Newzroom Afrika (kanaal 405) is ’n groot verbetering op ANN7, die Guptakanaal. JJ Tabane en Stephen Grootes is goeie aanbieders na wie mens kan luister. – Nuuskyker

Na.v. die brief “Baie meen doodstraf is weer nodig” (29.20) doen ek ’n beroep dat daar ’n referendum hieroor gehou word. Te veel onskuldiges word vermoor en die moordenaars gaan sit rustig in die tronk om later vry te kom. – Hennie, Rondebosch

Bravo Lallie de Wet, ons vampiere hou van die vleis sappig en rooierig, net sout en weinig peper, geen knoffel nie. – Louis, Grabouw

Meer oor:  Mystem  |  Petrol  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.