Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy SMS
Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Die regering moet liefs die geld wat hy aan die SAL wil bestee, vat en Eskom se skuld betaal! Ons het bekostigbare krag meer nodig. LS, Kuilsrivier

Die ANC pas die “verskroeide aarde”-beleid toe op die ekonomie. Wie kan dit keer? – W. Gouws

Cyril, jy moet nou jou “fellow South Africans” regkry. Anders gaan iemand anders dit doen.Gideon Fourie, Bellville

Jagters moenie stupid wees nie. Haal ’n taxi en gaan jag waar julle wil. Hulle mag mos grense oorskry en kry Avbob om die karkasse terug te bring tot op die grens. Willie, Tableview

Die Beitbrug-grensdraad is net goed vir onder andere wildstropers. Nigrini

Waarom dra die twee mense wat saans SABC2 se Afrikaanse nuus lees, nie maskers nie? Hulle sit duidelik nie 2 m van mekaar nie. Jep, Brackenfell

Prof. De Villiers, my voorstel vir die nuwe naam van die Wilcocks-gebou is Julius Malema-gebou. Dan is die US mos uiteindelik op die regte pad! Daantjie Marchand, Stb

Die Wilcocks-hernoemingsproses. Tom McLachlan, u menings is altyd deurdag. Die US is dolerend. Die registrateur heel duidelik verveeld. Dona Botha, Stellenbosch

Ek het dit al gesê en sê dit weer: Hierdie land is nie meer regeerbaar nie! Is daar iemand wat nie saamstem nie? – Ben Haiser

Meer oor:  Jy Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.