Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy SMS
Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Diegene wat al gewonder het oor die presiese vertolking van die begrip “demokrasie” in ANC-geledere, kry dalk ’n aanduiding van Ace Magashule (08.08): “Ek haat individue wat oor hul eie mening praat as hulle in die minderheid is.” – H.F. Vermaas, Stellenbosch

Magashule moet darem vir een ding erkenning kry en dit is dat hy eerlik genoeg is om te erken dat ANC-leiers korrup is. – Hennie van Schalkwyk, Heidelberg, WK

Morele en beskaafde norme, standaarde en waardes het geen wet nodig nie, Ace Magashule. – André Fourie

Die ANC steek ons land in die skande. Hy is soos wind, weet nie waar hy waai nie. CR het ook verander. – DL, Kaapstad

Die onderwysvakbonde het druk op die president geplaas om skole te sluit. Nou gooi ledige skoolkinders die polisie met klippe. Kortsigtig! – Joanne, Bellville

Waar kry die grondgrypers nuwe sinkplate, want hulle het dan nie geld vir kos of water nie. – Gerrit, Kraaifontein

Waarvandaan kom al die buitebande wat in gewelddadige betogings aan die brand gesteek word? – Hennie, Rondebosch

Ek wonder of Albert Fritz weet hoe belaglik sy “dade van openbare geweld sal nie geduld word nie” klink elke keer as hy dit sê. Wys ons die skuldigbevindings. Eers dan sal ons julle ernstig begin opneem. – Mara Nortier, Parow-Noord

Meer oor:  Menings  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.