Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy SMS

Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

As een van die duisende wat grensdiens verrig het, kan ek getuig Lukas O’Connell (14.10) se ondervinding was die algemene ondervinding. Ten tyde van my laaste grenskamp is twee soldate dood, maar geen sielkundige dienste nie. – Hans, Stellenbosch

Ons moenie toelaat dat politieke fortuinsoekers ons verdeel nie. As ons regtig soek, sal ons vind ons het meer in gemeen as wat ons verskille het. – EdP

Gaan hulle ’n nuwe tronk bou om plek te maak vir al die staatskapers wat in hegtenis geneem word? – Gerrit, Kraaifontein

10 uit 10 aan Tex de Swardt vir sy brief oor Engelse Dagbrekers (16.10)! Wat is beter as ’n Matie met humor. – Frans

Daar heers ’n Facebook-storm oor Edgars en RCS, maar geen sakejoernalis skryf daaroor nie? Alles gaan mos net oor politiek. – Mariana

Lewis Hamilton is genadeloos in sy strewe na Formule Een-sukses. Dit is ’n vaardigheid wat van ’n jong ouderdom beoefen en ontwikkel is. Daarby is hy ’n briljante bestuurder – hy moes al nege Formule Een-titels gehad het. Hy is die beste tot nog toe – waardeer hom terwyl hy nog meeding. – Formule Een-aanhanger

Dis lekker om nuwe name onder die briefskrywers in die briewekolom te sien, anders is dit dieselfde mense wat oor en oor hul menings lug. – Koerantleser.

Meer oor:  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.