Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy SMS

Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Kan ons hoop dat pres. Cyril Ramaphosa sal reageer op Judith Tshabalala, ANC-LP, se sotlike stelling dat korrupsie deur die apartheidsregime “in die kop van ons mense” geplaas is? – Jep, Brackenfell

Ek het sopas die grap van die jaar in die koerant gelees: Korrupsie is apartheid se skuld! – Amanda, Paarl

Ek doen ’n beroep op die Wes-Kaapse regering om die nasionale regering te wys hoe misdadige protesteerders hanteer behoort te word. Motoriste wat op die N2 met klippe bestook word (soos Donderdag), kan nie regverdig word nie. Sulke rampokkers wil hul misdadige optrede onder die vaandel van protes regverdig. Dis snert en hulle moet met ’n ystervuis hanteer word. – Johan van der Merwe, De Tijger

Dankie, Charl de la Harpe (21.10). Jy kan maar nog ’n taalgogga by die lys voeg – “spesifiek”, wat onder meer “bepaald” of “besonders” bedoel. – Willem, George

Die alewige f-woord en afwesigheid van gebed voor of ná wedstryde doen afbreuk aan andersins goed geredigeerde Chasing the Sun. – Francois, Wellington

Koos Kombuis (17.10), in plaas daarvan om mense te ontmoedig om te gaan stem, kan jy gerus gaan kyk na watter party elke jaar skoon oudits kry waar hulle in beheer is en ook goeie dienslewering daarstel. – Callie, Brackenfell

Meer oor:  Sms'e
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.