Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy SMS
Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Min. Bheki Cele, dis maklik vir jou om te sê dat besighede en restaurante vir drie maande gesluit kan word. Jy kry elke maand ’n vet salaris en het geen oorlewingstryd nie. – Groenewald, Vredenburg

Die DA probeer goedkoop steun werf met hulle bohaai oor strandsluitings in plaas daarvan om kiesers terug te wen deur weg te doen met belaglike krag- en waterheffings. – Jaap, Stad

Dit raak al hoe duideliker dat die sluit van strande ’n politieke speelbal geword het en nie noodwendig ’n voorkomingsmaatreël nie. – Bekker Bekker

Ons wil rinkink, kuier en suip en kla oor voorkomingspogings, maar dan stort ons stormtrane as ’n geliefde Covid opdoen. – Ben Haiser

Chris Loch (18.12), jou empatie met Oscar Pistorius is misplaas. Lees die appèlhof-uitspraak en voorkom dat jy verdere sothede kwytraak. – Johan Wepener Durbanville

Chris Loch (18.12), dankie vir jou brief rakende Oscar Pistorius. Ek glo hy gaan sterker en meer vasberade uit die gevangenis stap. Hy gaan nog ’n groot rol speel in ons land. – Anna, Stellenbosch

Geluk aan die Cape Cobras wat in twee jaar nog geen wedstryd gewen het nie. Julle kan die “aanhouer wen”-beker verower. Dis seker waar WP-rugby ook oppad heen is. – Raynier, Danabaai

Meer oor:  Mystem  |  Stemme  |  Jy Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.