Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy SMS

Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Is die vertraging met ’n Covid-entstof ’n ANC-bedrogspul om net voor die verkiesing as die redders van die nasie met die entstof vorendag te kom? – Schalk, George

Die groot probleem met die verkryging van ’n Covid-19-entstof is geld. Die regering is bankrot en kan nie die entstof aankoop nie. – Frikkie, Jeffreysbaai

Koos Kombuis (02.01) kan sy mening oor die DA vir homself hou. Ja, hulle het seker foute, maar vergelyk die Wes-Kaap met ander provinsies met hul slaggate, rioolvuil in die strate, ensovoorts. – J. le R, Hermanus

Mooi so, Koos Kombuis (02.01), jy salueer die leier van die grootste en suksesvolste misdaadsindikaat in Suid-Afrika. Kyk of jy nie ’n tender by hulle kan kry om jou soort twak te verkoop teen 100 keer meer as wat dit werd is nie. – Johan Pretorius, Ladismith

L.P. Vermaak (29.12), jy is uiters oningelig oor talidomide . . . Ek was skoon naar. Dankie, Viktor Hesse (02.01), daar is nog sulke voorbeelde. Ek kon dit nie beter gesê het nie. – Karin Fourie

Blignault Gouws (02.01), kry die feite reg. Die Panda-groep het 300 000 sterftes in Suid-Afrika as belaglik afgemaak, nie 10 000 nie. – Rob, Somerset-Wes

Dis tyd dat ANC-voorbokke, soos Gwede Mantashe, toegesluit word as hulle regulasies, soos deur hulself uitgereik, oortree. – Gideon Fourie, Bellville

Meer oor:  Koos Kombuis  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.