Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy SMS

Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

’n Presedent word nou aan universiteite geskep dat sommige studente nie studiegeld hoef te betaal nie. Waar is die regverdigheid teenoor dié wat moet betaal? – Eugene, Paarl Rock

Die berig oor die Fortuner wat in ’n sinkgat in George geval het (15.03) sê “spanne siviele ingenieurs” het die gat beveilig. Daar is nie genoeg siviele ingenieurs in die hele Suid-Kaap om een “span” op te maak nie, en hulle werk seker ook nie met grawe nie. – Siviele ingenieur, Durbanville

Ek kan nie onthou wanneer laas ek so ’n insiggewende stukkie waarheid gelees het soos prof. Sethulego Matebesi se Standpunt (15.03) nie. Uitstekend. – Albert, Strand

So, Eskom gaan die land vir nog minstens vyf jaar gyselaar hou en elke keer afpers met beurtkrag as hulle nog ’n groot verhoging wil hê. En soos gewoonlik sit die regering op hul hande. – Jakobus

Prof. Anton van Niekerk (16.03) rig ’n vraag aan wit mense en sinspeel daarop dat swart slagoffers nie gerespekteer word nie. Met apologie, professor, ek vra dieselfde vraag, omgekeerd. – Rex, Mosselbaai

Adj.pres. David Mabuza (12.03), soos Eskom nou aangaan, gaan daar oor tien jaar nie meer ’n Eskom wees nie! Verminder die werkmag onmiddellik met 40%, dan kan jou droom dalk oor tien jaar waar word. – Frikkie, Jeffreysbaai

Meer oor:  Anton Van Niekerk  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.