Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy SMS

Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Jana Luther (Woordewisseling, 09.04), die “Walliese konyne” se naam is eintlik Welsh rarebit, nie “Welsh rabbit”. – Theo Marais

Jeanette van Plet (SMS’e, 08.04), die Aandgedagte word wel nog uitgesaai op RSG, maar net later saans, voor die 11 nm- nuus. – Dalene van Schalkwyk, Strand

Tex de Swardt (Briewe, 09.04), dit is inderdaad Daan Retief en Dawie Ackermann, 1956-Bokke, op die foto. Retief is links en Ackermann regs op foto. – Phil, Welgemoed

Baie dankie vir die huldeblyk oor die ikoniese Tine Balder (Kuns, 08.04). – Linda, Somerset-Wes

Dit is eintlik reeds skokkend dat die skoolhoof gestraf is omdat hy in belang van sy skool en leerlinge opgetree het (08.04); nou wil William Sezoe nog wraggies hê hy moet voor hom kruip ook! – Jep, Brackenfell

Engelse vertaling van Stellenbosch (SMS’e, 08.04)? Nee, die dorp sal seker ’n Xhosa-naam kry. – Liz Walters, Stellenbosch

Wat my die meeste bekommer oor gebeure op Stellenbosch, is nie die taalbeleid nie, maar eerder die onder-verteenwoordiging van wit Afrikaanssprekende studente in HK’s, die studenteraad en ander studenteliggame. Is hulle dan net op Stellenbosch om te jol? – Andre, Bellville

Dis duidelik dat nie almal ’n land kan regeer nie, maar oor die wêreld heen wil die wat nie kan nie, dit die graagste doen. – J.B.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.