Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy SMS

Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Izak Bergh (09.06), die grootste oorsaak van werkloosheid is luiheid. Jy kry nie meer mense wat wíl werk nie. – Riaan Calitz

Adamus P. Stemmet (08.06), jy kon die gemors van die besit van wapens nie beter verwoord het nie – absolute onbevoegdheid! – Marie, Somerset-Wes

Anton van Niekerk (08.06) is ’n professor in filosofie, nie medies nie. Indien hy was, sou hy weet dis nie ’n “vaksine” nie, en die teenstanders nie noodwendig “anti-vaxxers” nie. Skoenmaker . . . – Gideon Fourie, Bellville

Koert Meyer (05.06), dit is maklik om 21 000 moordenaars per jaar tereg te stel. ’n Jaar later is geen teregstellings meer nodig nie. – Johan Wepener, Durbanville

Uiteindelik sê André de Ruyter dit wat almal al lankal weet: Beurtkrag is die gevolg van gebrekkige instandhouding en verouderde infrastruktuur. Glad nie die koue weer nie. – Jep, Brackenfell

Min. Zweli Mkhize wil wag dat iemand anders besluit of die onreëlmatige toekenning van ’n R150 miljoen-tender aan Digital Vibes (sy vriende) op sy brood gesmeer kan word. Kan hy nie self onderskei tussen reg en verkeerd nie? ’n Siel sonder sy eie kompas? – Johan Pretorius, Ladismith

Hoe werk dit? My skoonseun wat 40 jaar oud is en geen onderliggende toestande het nie, moet op 9 Junie vir inenting aanmeld. Ons wag nog steeds. – Henk, Oos-Kaap

Meer oor:  Anton Van Niekerk  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.