Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
JZ: Kom ons wees geduldig

Die afgelope week het wetsgehoorsame, korrupsievoos burgers gejuig oor die 15 maande tronkstraf wat oudpres. Jacob Zuma deur die konstitusionele hof opgelê is.

Suid-Afrika se regstelsel is oor die wêreld heen geprys vir sy regverdigheid en onverskrokkenheid. Soos ek, was die media gaande oor die vonnis en die hofuitspraak het die weg gebaan om nou openlik van Zuma as ’n misdadiger te praat. Regskenners was dit eens dat dié vonnis ’n duidelike boodskap die wêreld ingestuur het dat niemand bo die reg verhewe is nie. Doemprofete wat ons regstelsel bevraagteken, is die leviete voorgelees.

Die Zuma-ondersteuners het vinnig begin laer trek en ’n karakter soos Carl Niehaus, die grootbek, het dit duidelik gestel dat die bloed gaan vloei as Zuma in hegtenis geneem sou word.

By die saamtrek van die Zuma-volgelinge word talle landswette en regulasies oortree, soos minagting van Covid-19-protokolle, asook skote wat met vuurwapens in die openbaar afgevuur word. Dit egter daar gelaat, want hulle is nou met groot dinge besig.

Toe, soos ’n hou in die wind, verneem ek die naweek dat die konstitu­sionele hof vir Zuma nog ’n kans gaan gee om sy saak te stel, ongeag sy vroeëre uitspraak dat Zuma ál die kanse gegun is om sy saak te stel, maar nie daarvan gebruik gemaak het nie.

Kenners is erg verbaas en meen dat die konstitusionele hof nou sy eie uitspraak in twyfel trek. Persoonlik dink ek dat die konstitusionele hof eerder die dreigemente ter harte geneem het. Nou word daar vir tyd gespeel en Zuma se saak gaan later die maand aangehoor word.

Art. 34 van die Handves van Regte stel dit duidelik dat elkeen die kans op ’n regverdige verhoor in ’n openbare hof gegun moet word. Hoe tegnies dit ook mag klink, moet art. 34 nou letterlik toegepas word en moet die werking daarvan in Zuma se guns toegepas word. Gee hom dus nog ’n kans.

Kom ons wees geduldig. Ek voorsien dat Zuma se saak aangehoor gaan word, waarna die konstitusionele hof uitspraak gaan voorbehou, dog uiteindelik verplig gaan wees om sy uitspraak openbaar te maak. Ons is mos daaraan gewoond dat die ratte van die regstelsel stadig in beweging kom, veral in die geval van Jacob Zuma.

Meer oor:  Mystem  |  Lesersbrief  |  Jacob Zuma  |  Briewe  |  Tronkstraf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.