Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kan SA soveel werk skep?

Pieter Labuschagne (“Fluisteringe van revolusie”, 30.05) reken tereg dat die vergrotende kloof tussen ryk en arm ’n politieke en maatskaplik-ekonomiese bedreiging inhou vir stabiliteit.

Wat ons bring by die een enkele oorsaak van hierdie toestand: te veel mense vir die koek.

En die besef dat daaraan geen salf te smeer is nie. Niemand durf iets daaraan probeer doen nie. Dis ’n gegewe. ’n Taboe-onderwerp.

Ek ondervind dit aan eie bas met iemand in my diens wat sewe kinders het – nie een het werk nie – en reeds drie kleinkinders.

Die enigste oplossing vir dié groeiende tydbom is om soveel werk te skep dat almal ’n menswaardige bestaan kan voer. Dis mos logies. Wat my as leek bring by die vraag of dit enigsins moontlik is.

Het ons prakties die vermoë, en dit sluit in alles tot ons beskikking, om sodoende die swaard bo ons koppe af te weer?

Miskien is daar iemand wat weet?

En hopelik ’n instelling wat wil luister!

Meer oor:  Pieter Labuschagne  |  Mystem  |  Werk  |  Briewe  |  Arm
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.