Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kan Sonja Loots asb. leer spel?

Estelle Venter, Paternoster, skryf:

In haar rubriek verlede week had Sonja Loots dit oor hoop, wat sy die “slimmer sussie van optimisme” noem.

Sy noem ’n aantal leiers oor wie die hoop beskaam, waaronder ene Donald Trump. Sy begaan egter ’n spelfout. Sonder om doekies om te draai: Trump is luier.

Vir die hedendaagse winkelnêppie het die Nederlanders die skone woordjie wegwerpluier.

’n Mens hoop maar die Amerikaanse stempubliek doen vroeg in November vanjaar met dié groot oranje luier soos met een wat al te lank die lendene omgord. Dán is daar vir die dommer sussie optimisme ook ’n sprankie hoop.

Meer oor:  Estelle Venter  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.