Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kapers moet gevolge dra

Oor die staatskapingondersoek: Ek is daarvan oortuig die Guptas gaan vrygespreek word.

Hulle was slim genoeg om nie een enkele transaksie self te magtig of te onderteken nie.

Daarvoor was daar oorgenoeg aas­voëls om die werk vir hulle te doen.

Al wat die Guptas van hul slagoffers verwag het, was om die “regte persone” in al die sleutelposte aan te stel en sodoende te verseker dat inligting nie uitlek nie.

So het hulle deur mag en omkoopgeld stadig maar seker alle belangrike instellings gekaap, sonder om self betrokke te raak: die polisie, die Valke, die SAID, Transnet, Eskom, die SAL, die SAUK en vele meer.

Nou kom ons by die punt.

Ons as belastingbetalers eis vergelding. Die Zondo-kommissie moet verseker dat die skuldiges suksesvol vervolg word.

Almal wat saam met die Guptas uit dieselfde trog gevreet het, moet die gevolge van hul dade dra. Hulle het geen genade betoon terwyl hulle die weduwee en die wese bankrot gesteel het nie.

Daarom mag hulle geen genade ontvang nie.

Daar is ’n tyd en plek vir alles. Nou is die tyd en plek dat geregtigheid moet seëvier.

Meer oor:  Staatskaping  |  Mystem  |  Lesersbrief  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.