Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kasparov kan ook by Zuma leer

Daar doen Jacob Zuma van Nkandla dit weer. Hy het jare met belastingbetalersgeld sy dag in die hof ontduik.

Nou sit hy sy skaakspel met die gereg voort met geld uit die sakke van kaders vir wie hy ’n weelderige leefstyl geskep het. Wat ’n berekende toekomsbelegging!

Hy oortuig ’n laer hof om ’n sitting te hou om ’n vonnis van die hoogste hof te probeer nietig verklaar – iets wat ongehoord is. Hy dwing die hoogste hof terug tekenbord toe om sy bevinding en vonnis nietig te verklaar.

Vanuit ’n tronksel stop hy ’n hofsitting tot 10 Augustus. Verdere uitstel word beplan deur van die aanklaer te probeer ontslae raak. Dieselfde is met regter Raymond Zondo probeer. Die volgende stap is seker om sy regspan af te dank en verdere uitstel te kry.

Só verloop Zuma se skaakspel met die staat, wat telkens tweede kom.

Die groot meesterskaakspeler Garry Kasparov – volgens my en baie ander die wêreld se beste tot nog toe – kan by Zuma gaan lesse neem.

Meer oor:  Mystem  |  Lesersbrief  |  Jacob Zuma  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.