Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ken spelers nog ’n volle agterlynbeweging?

Die maklikste ding op aarde is seker om ’n rugbyspan te kies:

Heelagter: Hy moet ’n bal kan vang.

Vleuels: Die vinnigste spelers tot jou beskikking.

Senters: Gebou soos voorrye, maar met beter balvaardighede.

Skakels: Moet die bal doelloos veldop kan skop.

Voorry: Drie kort, fris manne. Een moet die bal in die lynstaan ingooi, die ander twee moet die man wat vir die bal in die lynstaan spring, optel.

Die ander vyf voorspelers: Die langste twee word slotte genoem; die ander drie was vroeër losvoorspelers.

Die enigste verskil is wanneer geskrum word. Agt spelers vorm ’n skrum; die ander sewe vorm die agterlyn. Al 15 moet aan ’n losskrum kan deelneem en al 15 moet in die agterlyn kan staan. Elke speler wat die bal kry, doen een van twee dinge: óf hy hardloop in die naaste teenstander vas óf hy skop die bal veldop.

Dit laat my dink aan die seun wat vir Boland 0.13 gespeel het en vir sy pa gevra het: “Pa, wat is ’n volle agterlynbeweging?”

Meer oor:  My Stem  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.