Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kerk moet besin oor verstarde dogmas

Gays en die doop is nou weer groot besprekingspunte in kerksake.

Oor grootdoop is ek nogal ‘n ekspert as ‘n vorige doopkaptein van Wilgenhof. Dit is grootliks afgeskaal weens die klem wat nou op medemenslikheid geplaas word. Miskien is die tyd ryp vir kerke om ook ‘n klemverskuiwing oor minder belangrike sake, soos sakramente en huweliksbevestiging, te maak. 

In rugby is die eerste reel om jou oog op die bal te hou. In die kerk is daai bal die liefde. Dinge soos sakramente is bysake.

Paulus het gebid dat ons liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat ons die dinge kan onderskei waarop dit werklik aankom.

Die 16de eeuse hervormers het Paulus se raad gevolg om die Bybel vanuit ‘n skopus, ‘n bepaalde samehang en sentrale bedoeling, te verstaan. Maar hulle het klei getrap met kleinighede, soos Luther wat Zwingli veroordeel het omdat hy die nagmaal te simbolies geïnterpreteer het, of Calvyn wat op grond van dogmatiese verskille Servetus brandstapel toe laat gaan het.Wit Afrikaanse kerke is heel gelukkig om die Drie Formuliere van Eenheid absoluut en sonder enige relativisering te bely, wat hoogs spekulatiewe dogmas van 400 jaar gelede insluit, soos die Uitverkiesing. Maar hulle weier om ons eietydse Belhar te aanvaar, wat op Jesus se Bergpredikasie gebaseer is.

Hulle moet diep in hul harte (nie in hul koppe nie) gaan kyk om daarin te sien hoekom hulle tot nou nog nie daarin kon slaag om swart kerkgangers nader te trek nie.Is leë kerkbanke nie die gevolg van verstarde dogmas, vasgeroeste tradisies, holle rituele asook ‘n weiering om die Bybel in die 21ste eeu op ‘n histories-krities en simboliese wyse te interpreteer nie?

Meer oor:  Ng Kerk  |  Gays  |  Kerk  |  Mystem  |  Lesersbrief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.