Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kerkmusiek vat my ver, ver terug

Wilhelm Jordaan (06.11), dat gewyde musiek vreugde, heimwee en weemoed in jou wakker maak, is ’n gegewe.

Ons het almal in die kerk leer sing. As ek soms sekere gewyde musieknommers hoor, staan ek weer in die klein kerksaaltjie in die Karoo en sing uit die hart. Die wonderlike kerkmusiek van “gister” maak al die herinneringe uit my jeug los.

Deesdae gaan ek met ’n swaar hart kerk toe. Die niksseggende “songkies” soos ons dit noem, begelei met kitare en tromme, neem die gewyde atmosfeer uit die kerk weg!

En alles raak vinnig en vrolik en oppervlakkig. Baie van die pragtige gesange en psalms het verdwyn en ek raak hartseer as ek dink dat die opkomende geslag nooit daarmee in aanraking sal kom nie, nog minder sal sing.

As ek my oë toemaak, staan ek by die klein begrafnis op ’n verre plaas en klink “Rus my siel, jou God is koning” gedrae en dralend oor die Karoovlaktes. Beelde wat ek sal saamdra tot aan die einde.

Dankie, Wilhelm.

Meer oor:  Wilhelm Jordaan  |  Kerkmusiek  |  Mystem  |  Lesersbrief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.