Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kerkverskille maak saambid moeilik

Oor Isak Burger se “Saambid is nou nodiger as ooit” (07.05):

Dr. Burger pleit dat gelowiges van alle denominasies saam behoort te bid vir die land.

Daar is egter te veel ingrypende verskille tussen geloofsoortuigings, wat dit moeilik maak om te glo dat sulke gebede vir die Gees van gebed ontvanklik is.

Ekumeniese bewegings bondel kerkgroepe met verskillende beskouinge oor Bybelgesag, erfsonde, die doop, gays en dies meer saam. Dit lei tot oppervlakkige denke oor Bybelse sake om ’n middeweg te kry in die harwar van verskille.

In die Hervorming het die afskeiding weg van die Roomse (ou) Kerk gegaan oor die tydlose belydenis: “Só sê die Bybel, só sê Christus, só glo ons.”

Martin Luther het geroep: “Hier staan ek, ek kan nie anders nie, God help my!”

En die Christendom het uit die dood opgestaan.

Gaan die vrug hiervan nog voort? Ook ná interkerklike gebedsaamtrekke?

Of hoor ons in die gebedsoratoriums van ons land: “Julle liefde is soos ’n môrewolkie: Dit verdwyn so vinnig soos dou . . .”

Meer oor:  Isak Burger  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.