Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kernkrag kan ons red, onkunde nie

Wind en son lewer krag, maar om die krag, wat voortdurend in sterkte wissel, in ’n netwerk in te voer, is ’n nagmerrie vir die ingenieurs – én dis duur. Kernkrag is stabiel en die Koeberg-kernkragsentrale is verreweg ons betroubaarste energiebron. Boonop is ’n kernkragstasie nie duurder as ’n fiasko soos die Medupi-steenkoolkragstasie nie.

’n Eenvoudige feit is dat energie vir kragopwekking daarvan afhanklik is dat massa omgeskep word na energie – wat gebeur volgens die oorbekende E = mc² van Albert Einstein waar c die simbool is vir die spoed van lig, naamlik sowat 300 000 kilometer per sekonde.

Die formule beteken eenvoudig dat as ’n klein hoeveelheid massa “vernietig” word, word ’n relatief geweldige hoeveelheid energie vrygestel.

Chemiese reaksies wat hitte voortbring, doen dit deur uiters klein hoeveelhede massa om te skep na energie, maar as die uraan-atoom gesplyt word, word ’n relatief enorme persentasie van die uraan se massa in energie omgeskep.

Om energie uit steenkool te druk deur dit te verbrand, besoedel jy die atmosfeer met miljarde tonne rook, swawelsuur en as, en selfs radioaktiewe isotope!

Die kernafval is veilig as dit in boorgate gestort word wat onder die watertafel lê – en onthou ons vulkane is aktief omdat radioaktiewe elemente die aarde se binnegoed lekker warm hou!

Sal onkunde en die vrees vir die onbekende nog die mensdom se ondergang wees?

Meer oor:  Kernkrag  |  Red  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.