Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kiesers kan dié lande nog red

Twee lande wat uit mekaar se foute moes leer, moet nou saam-saam spartel om uit die “hoësorgeenheid” te kom: Zimbabwe en Suid-Afrika.

Twee “bloedbroers” kniediep in dieselfde verknorsing. Wat is die bitter les wat die twee broers lankal moes geleer het? Kiesers stel normaalweg daardie regering aan bewind wat hulle “beloon” met ’n skoon en doeltreffende administrasie en ’n gunstige klimaat vir vooruitgang.

As die meerderheid kiesers egter ’n spesifieke prioriteit het – soos om die onregverdighede van die verlede aan te spreek – dan speel alle ander prioriteite tweede viool.

Dít kan daartoe lei dat ’n regering wat regstellings belowe buig of bars aan bewind gehou sal word tot alle beloftes nagekom is. Dit, terwyl so ’n regering met totale onbeholpenheid en grootskaalse vergrype kan wegkom. Kiesers wat met beloftes omgekoop kan word, versaak hul grootste verantwoordelikheid: om die regering te alle tye op sy tone en aanspreeklik te hou.

Sulke kiesers en regerings is soos dwelmslawe wat met vuil naalde (kiesers se versaking van hul plig en regeringsvergrype) vir mekaar oor en weer regmakers (stemme en regstellings) gee totdat dit hulle uiteindelik in die hoësorgeenheid laat beland.

Om die lande te red, moet dié broers hul kiesers kry om hul grootste verantwoordelikheid na te kom…

Meer oor:  My Stem  |  Verkiesings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.