Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kinders kort moedertaalonderrig

Waarom begin skole nie om die kinders in hul moedertaal te onderrig nie?

Gaan soek die onderwysers wat bereid is om boeke in die ander landstale te vertaal. Ons kan die Bybel vertaal, maar ons kan nie ’n vak soos wiskunde herskryf in ’n ander landstaal nie. Waarom nie? Daar is onderwysers wat Xhosa of Zoeloe kan praat; gebruik hulle.

Kinders wat skool toe gaan, sukkel met tale terwyl hulle nie eens behoorlik kan praat nie. Waarom kan kinders nie in die eerste drie tot vier jaar in hul eie moedertaal onderrig word nie?

Almal baklei vir Afrikaans. As Afrikaanse onderrig slaag, sal die ander tale op dieselfde grondslag behandel word. Afrikaans is eintlik die moeder van moedertaalonderrig.

Vir 25 jaar al baklei almal oor apartheid en intussen word ons kinders groot sonder om te kan lees, skryf en verstaan.

Is dit nie dalk tyd dat ons apartheid los en ophou om dit as ’n verskoning vir alles te gebruik nie.

Meer oor:  My Stem  |  Onderrig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.