Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
KKNK, wat het van jou geword?

Die KKNK was nog elke jaar ’n hoogtepunt op my kalender, maar na dese is dit nou uit my kalender.

Dit wat mense elke jaar na die kunsfees gelok het, is nou weg: Al die bekende Suid-Afrikaanse sangers en die verskeidenheid van kos- en kunsstalletjies.

Die enigste hoogtepunt was die produksies, anders het ek die volgende dag reeds die vyf uur lange rit gepak huis toe.

Die KKNK is ’n skadu van wat dit eens was – ek het in ’n sta­dium selfs gewonder of die res van die fees nie dalk op ’n ander perseel gehou word nie.

Verder kon ek op een hand die bekende kunstenaars tel wie vanjaar opgetree het, om nie te praat van die lekker atmosfeer wat heeltemal verlore is nie.

Hoekom verander aan ’n resep wat gewerk het? Buiten die produksies, is die KKNK vandag net ’n fees met ’n paar stalletjies en verder toegegooi onder onbekende kunstenaars.

Meer oor:  Kknk  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.