Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Klagtes in Baai kom al uit ANC-tyd

Snaaks dat die bewind in die Nelson Mandelabaai-metro ongeldig is, volgens Themba Xathula van die ANC, en dat dít die rede is waarom hulle die stakende werkers ondersteun.

Die griewe waaroor nou betoog word, kom blykbaar al van 2000 af. Wonder wie was tóé in beheer van dié metro.

Die koalisiebewind is nie anti-werkersklas en anti-armes soos hy dit stel nie. Die koalisie stel die metro eerste en voorkom onnodige uitgawes wat die werkers nie toekom nie.

Die eise wat hulle stel, is verregaande en eintlik maar net ’n verskuilde poging van die ANC en sy vennote om die DA-geleide koalisie te ondermyn wat in ’n kort tyd beter vaar as wat die ANC ooit kon vermag.

Meer oor:  Da  |  Anc  |  Nelson Mandelabaai-Metro
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.