Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kleinboerderye is nie meer volhoubaar nie

Die ANC se idee dat kleinboere ’n bestaan uit boerdery kan maak en bydra tot voedselsekerheid is wensdenkery.

Kleinskaalse boerdery is nêrens ter wêreld meer volhoubaar nie.

In sy boek oor migrasie na stede, Arrival City, skryf Doug Saunders dat meer as 400 miljoen kleinboere in China al na die stede migreer het.

In veral die sentrale dele van Indië pleeg baie boere selfmoord deur insektegif te drink weens opgehoopte skuld .

Kunsmis, arbeid en saad het net te duur geword. Hul lewenstyl het ook verander en elektrisiteit, TV’s en motorfietse verhoog hul uitgawes.

In Afrika sukkel miljoene kleinboere om ’n bestaan te maak en baie lande benodig steeds voedselhulp.

Net grootskaalse boerdery kan suksesvol bedryf word en ook net as die boer kundig en ervare is.

Daarom het 90% of meer van die swart begunstigdes wat ontwikkelde plase ontvang het, misluk.

Meer oor:  Boerdery  |  My Stem  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.