Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Klimaat: Neem alle feite in ag

Ek gaan net so dapper soos Erik Holm (“Hoekom ek vir Gretha Thunberg gegril het”, www.volksblad.com, 22.10), wees en ook my mening gee oor klimaatsverandering, wetende dat ek “gebraai” kan word.

Waarvan ek hou van die veldtog oor klimaatsverandering, is dat ’n klomp ernstige probleme soos die uitwissing van spesies, smokkel met eksotiese diere, besoedeling van oseane met plastiek, uitputting van nie-hernubare hulpbronne, vernietiging van woude en veral die geloof in vooruitgang daarmee saam genoem word. Die lysie kan langer wees, maar dit is die probleme wat dringend aandag moet kry.

Daar is egter aspekte van die sogenaamde klimaatsverandering wat ek wil uitwys:

  • Dit het ’n geloof geword. Mense glo dit blindelings sonder kritiese oorweging van feite.
  • Dit is ’n enorme bemarkingsveldtog vir alternatiewe energieverskaffers. Hulle hoef net iets verdags te opper – soos beeste se uitlaatgasse – en politici gryp dit aan.
  • Dit is een van daardie katastrofe-teorieë waarmee ons sedert die 1960’s bang gemaak word. Dit het begin met sekere stowwe se uitwerking op eierdoppe, toe volg gasse se uitwerking op die osoonlaag, iemand het in die 1970’s sonder sukses beweer dat die aarde se magneetveld verswak, Orwell se Big Brother-teorie het ons in 1984 geskud, Y2K het ons net voor die eeuwisseling op hol gehad en toe kom “aardverhitting”.

Die term het egter om die een of ander rede verander in “klimaatsverandering”. Onlangs het iemand beweer dat seestrome spoed verloor.

As ek net ’n nuwe katastrofe-teorie kan uitdink, kan ek wêreldberoemd word.

  • Koolsuurgas word as die sondebok uitgesonder (nie die mens nie).

Voor in die Krugerwildtuin se gids word geskryf plante het sonlig, water en soute nodig, maar geen melding van koolsuurgas nie. As ons sinvol oor klimaat wil debatteer, moet ons alle feite in ag neem.

Meer oor:  Erik Holm  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.