Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Klop op skouer vir beriggewing oor biddag

Goeie wyn het nie prys nodig nie, maar dit kan nie nagelaat word om Gert Coetzee, redakeur van Volksblad, en sy nuusspan op die skouer te klop vir die uitmuntende wyse waarop hulle die boodskap van Christelike hoop van die Angus Buchan- massasaamtrek buite Bloemfontein in hulle koerant uitgedra het nie.

Die meelewende en simpatieke beriggewing het sterk daartoe bygedra om dit ’n dag van ware geestelike triomf te maak.

Die fyn nuanseringe en gevoelige rimpelings van ’n magtige skare . . . een van die grootste ooit . . . het hulle meesterlik opgevang en weergegee, ook vir die derduisende geloofshongeres wat gesmag het om ook daar te wees.

Soos so dikwels in ons land en volk se bitter-soet geskiedenis was hierdie herout daar om waar te neem en aan die wêreld te vertel op ’n tydstip toe dit so nodig was toe gelowiges in wanhoop en allesverlorenheid versink het.

Ons salueer saam met die organiseerders van die reuse-projek ook vir Volksblad vir hulle aandeel.

Die Angus-fenomeen was ’n gebeurtenis na aan ’n wonder, ’n Godswonder.

Meer oor:  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.