Ek hoef gelukkig nie gereeld na Kaapstad se middestad te reis nie, maar wanneer ek wel daarheen (móét) gaan, bly dit ’n nagmerrie.
Hoe gemaak om die getal voertuie in die stad en veral middestad te verminder? Is daar al ooit daaraan gedink om die ou Wingfield-, die Youngsfield- en die Ysterplaat- militêre basis vir massaparkering te gebruik?
Daar kan dan daarvandaan ’n soort “Gautrein-diens” na die middestad ingestel word.