Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kniel dan ook voor ander kwessies

Ek betreur dit dat enigiemand met die dood gedreig word oor sy standpunt: dit is onaanvaarbaar. Ek sal ook graag wil sien dat bekende sportmense wat standpunt ingeneem het oor BLM, met dieselfde openbare ywer standpunt inneem oor die talle onregverdighede wat in ons land gepleeg word teenoor ons mees kwesbare, meestal swart burgers.

Dink ’n bietjie aan die impak as daar voor ’n Solidarity Cup-wedstryd aangekondig word dat daar gekniel gaan word oor die toestand van die gesondheidstelsel in die Oos-Kaap, of oor die toestande waaronder soveel arm mense op ons dorpe moet leef, of die puttoilette by soveel skole, of oor hoe ons ouer arm mense deur Sassa behandel word.

Francois-hulle sal nou sê dit is juis hoekom hulle BLM ondersteun, maar dan moet hulle die boodskap baie duideliker oordra aan die mense wat iets kan doen omtrent die “black lives” in ons land wat “matter”, want ek is seker die politici dink die ondersteuning gaan oor iets wat in Amerika gebeur het.

Komaan, gebruik jul invloed om ons eie “black lives” te laat “matter” sonder om politiek korrek te wees.

Meer oor:  Kniel  |  Lappies Labuschagne  |  De Rust  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.