Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Knip taal-dwarstrekkers se vlerke

Ek verwys na die berigte rakende die ondersoek deur die Menseregtekommissie (MRK) na die skending van menseregte aan die Universiteit Stellenbosch (US).

Hoekom was dit nodig om die MRK te betrek by ’n dispuut waarby huiskomiteelede van koshuise betrokke was? Kon die probleem nie intern opgelos gewees het nie?

Die US word uitgedaag deur ’n paar “stryders” wat die reg op vrye spraak in koshuise en op kampus wil dwarsboom. Is hierdie studente nie bewus dat vryheid van spraak ’n mensereg is nie?

Kan ek hierdie studente ook daaraan herinner dat Suid-Afrika 11 amptelike tale het en dat elkeen as sulks gerespekteer moet word. Met watter gesag het hierdie studente opgetree? Dit is duidelik dat bymotiewe hier ’n groot rol gespeel het. Hoekom is daar nie teen die studente opgetree nie?

Studentejare is een van die beste tydperke in ’n jong mens se lewe. Koshuise speel ’n reuserol om studente te help slyp vir hul toekoms. Die diversiteit van verskillende tale is ’n wonderlike geleentheid wat die studente tot hul voordeel kan benut. Om mekaar se taal aan te leer sal almal in staat stel om geselsies met mekaar aan te knoop en nuwe vriende te maak. Dit sal ’n stewige fondament wees waarop die studente in hul toekoms kan voortbou.

Dit sal goed wees as elke koshuis in hul ontvangsarea ’n plaak kan ophang wat lees: “Baie welkom. Diversiteit is ons besigheid.”

“Stryders” en studente met politieke agendas behoort geen spreekbeurte by koshuise te kry nie. Geen individu is groter as die US nie. Knip die dwarstrekkers se vlerke en gee ons 11 trotse tale vrye teuels om te floreer.

Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publisering van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal daaroor gevoer word nie.

Meer oor:  Panorama  |  Afrikaans  |  Menseregtekommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.