Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Koerant help my deurtrek

In die laaste paar jaar se verliese, hartseer, inperking, dalende inkomste, onsekerheid oor die toekoms en boonop die dwalende gedagtes of God nog weet van my, was Beeld my anker.

Ons jongste en sy pa was baie geheg aan mekaar en het sport as belangstelling gedeel. Hy het sy pa gebel ná die na-week en dan gesels hulle alte lekker. Ná ons anker se skielike afsterwe het my en die seuns se lewe in duie gestort.

Ons was verlore. Mettertyd het ek besef ek sal nou Ma én Pa moet wees. Ek mag nie gaan lê nie. Gou het ek besef dat ek dinge so normaal as moontlik moet hou. Ek moes op hoogte kom met alles wat hulle met Pa gedeel het. Aandelebeurse, plante en veral sport. Ek het ’n bietjie gesukkel met sekere goed, soos Formule Een-motors en motorfietse en al die deelnemers se name, asook ons krieketspelers wat in die IPL-reeks speel. Dit sou vir my ’n nagmerrie gewees het, was dit nie vir Beeld se volledige dekking nie. Julle het my nog altyd geïnspireer­ om my seëninge te tel midde ander se nood. En om dankbaar te wees vir ’n hart vol liefde wat ek elke dag op my seuns kan uitstort.

Meer oor:  Mystem  |  Koerant  |  Briewe  |  Hoop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.