Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kolisi in span? Dan steun ek nie

C.S. Thiart, Sasolburg, skryf: Ek en my vrou het verlede jaar Kaapstad toe gevlieg om die Curriebekereindstryd tussen WP en die Haaie te gaan kyk. Ons nooi toe my Kaapse vriend om ons op die lughawe te kry en saam iets daar te eet. Ná die kuier en op pad na ons voertuig sien ons toe vir Siya Kolisi en stap nader – nie om ’n gesprek aan te knoop nie, maar net om hallo te sê.

My verbasing en teleurstelling was groot toe hy op ’n baie arrogante manier ons berispe en sê: “Listen! I am busy talking to my wife!” Sy vrou was egter nêrens in sig nie.

Die voorval het nogal ’n demper op die res van die naweek asook die eindstryd geplaas. Ek het al baie sportsterre raakgeloop en almal is wonderlike mense. Hulle maak tyd om met jou blad te skud of te gesels.

Saterdag se loesing teen die Bulle het my egter baie opgewonde gemaak. Ek was nog altyd ’n Stormers-ondersteuner, maar solank mnr. Kolisi vir die Stormers en Springbokke speel, sal ek nie daardie span ondersteun nie.

Hy behoort te leer om nederig te wees, soos die res van sy span.

Meer oor:  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.