Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kom die woord ‘baie’ al die tyd uit Duitsland?

Kom die woord “baie” dalk uit Duitsland en nie die Ooste, soos algemeen aanvaar is nie?

Die ou opvatting dat Afrikaans sy baie gebruikte woord ‘‘baie’’ uit Maleis kry, verdien lankal ’n herkyk in die een of ander goed gepubliseerde wetenskaplike studie.

In die jare negentig het ek ná ’n besoek aan Nedersakse agtergekom dat daar in Platduits die woord ‘‘bannig’’ is wat presies dieselfde beteken.

Is dit ’n vervorming van ‘‘menig’’ (Hoogduits ‘‘manch’’, Engels ‘‘many’’) waar die “m” in ’n “b” verander het?

Talle VOC-amptenare het uit Noord-Duitsland na die Kaap gekom.

En pas ontdek ek nou dat Eva-Margarete Jenny Siegling alreeds in 1957 vir ’n doktersverhandeling in Duits (aan die Universiteit van die Witwatersrand) die verwantskap tussen Afrikaans en die Nederduitse dialekte in Noord-Duitsland bestudeer het.

In die tesis staan, byvoorbeeld: “Afrikaans: Al baie op sy kerfstok hê. Platduits: All bannig up sin Kerfstock hebben.”

Dit lyk egter of daar taalwetenskaplik volhard is met die beweerde Maleise herkoms van die woord.

Om bepaalde politieke redes, wat ek nie begryp nie? Of uit onkunde?

Of kon twee eenderse woorde “bannig” en “banja(k)”” wat presies dieselfde ding beteken, uit twee totaal verskillende wêrelddele saamgewerk het om ons ‘‘baie’’ te wees?

Hoekom klink dit nou vir my so baie onwaarskynlik?

Meer oor:  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.