Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kom hier dalk ‘nog ’n Bosasa’?

As ’n staatsdienspensioenaris hou ek die ondersoek na die werking van die Onafhanklike Beleggingskorporasie (OBK) met valkoë dop.

Verslae oor die ondersoek stem my baie onrustig. Om eerlik te wees, ek ruik eintlik lont as ek lees watter ongerymdhede geopenbaar word.

Die manier waarop beleggings by Ayo Technologies deurgedruk is, en die pogings om baie groot beleggings van ander maatskappye in dieselfde groep te stoomroller, laat werklik die rooi ligte flikker by hierdie instelling wat oor ons pensioene moet waak.

Vir my lyk dit asof hier ook Bosasa-agtige onderduimshede is waar sakke vol kontant in party sakke gaan beland wanneer uiters twyfelagtige transaksies ter wille van eie gewin “deurgehaak word”.

Ek hoop dat pres. Ramaphosa baie gou en deeglik kennis sal neem van hierdie ondersoeke en onmiddellik die nodige stappe sal doen om ons swaarverdiende pensioengeld te beskerm. Ons kan nie ’n tweede Transnet-debakel bekostig nie.

Meer oor:  My Stem  |  Pensioene
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.