Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kom kyk hoe skoon is Fichardtpark in Bfn

Ek is bevoorreg om in seker die skoonste woonbuurt in Bloemfontein te woon: Fichardtpark.

Ons Fichardtpark Woonbuurt Assosiasie (FWA) sorg vir ’n veilige en skoon omgewing.

Dit is die moeite werd om aan dié organisasie te behoort en met trots te kan sê jy woon in Fichardtpark.

Ek glo ek praat namens baie mense wanneer ek sê ons is trots op ál die rolspelers en almal wat uit hul pad gaan om ’n diens te lewer wat ’n mens nie in ander buurte kry nie.

Kyk gerus na die middelmannetjies in Olive Grinter-, Castelyn- en Benaderylaan. Dit word gereeld gesny en skoon gehou en die strate gevee.

Elke aand kry ons ’n verslag van die dag vir Fichardtpark en ons word ook op hoogte gehou van vullisverwydering.

Mag dié instansie van krag tot krag gaan en mag die ledetal maandeliks styg sodat hy nog lank diens kan lewer.

Meer oor:  Fichardtpark  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.