Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kom leer rugby by Varsitybeker

U hoofartikel van 18 April oor die Varsitybeker-eindstryd tussen die Maties en Tukkies slaan die spyker op die kop.

Baie geluk aan die Matie- eerste span van 2019 – julle maak ons oud-Maties baie trots.

Dit blyk daaruit dat ons universiteitspelers talle lesse aan ons Superrugby-spanne kan leer. Hierdie eindstryd het getoon dat ’n goed afgerigte span, soos die Maties, aanvallende hardloop-rugby in die beste tradisie van die spel kan speel. Dok Craven sou baie trots gewees het op wat Hawies Fourie en sy span afrigters gedoen het om die spelers tot die uitvoering van hul vaardighede af te rig. Bitter min basiese foute en uitstekende kombinasies tussen voor- en agterspelers het tot oorwinning gelei.

Die 22 000 toeskouers en wonderlike atmosfeer het ’n rugbyfees soos min geskep – inderdaad ’n volksfees, soos Craven die bydrae van rugby tot samesyn tussen mense dikwels genoem het.

Baie geluk aan die Matie- eerste span van 2019 – julle maak ons oud-Maties baie trots.

Meer oor:  Mystem  |  Varsitybeker-Eindstryd  |  Varsitybeker  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.