Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kom luister na PE se klokkespel

Dis verblydend dat Kaapstad weer sy klokkespel in die stadsaal se solder ontdek het, (24.01) en ek vertrou dat dit heeltemal gerestoureer en herstel gaan word. Dit is ’n algemene verskynsel in baie Europese stede dat ’n klokkespel die mooiste klanke in die strate laat opklink – en dit skep altyd ’n besondere, byna ouwêreldse atmosfeer.

In dié opsig bly Port Elizabeth nie agter nie! Ons beskik oor ’n beiaard van 25 klokke in die Campanile-kloktoring by die ingang na die hawe, en dis my voorreg om dit te mag

Besoek gerus die Campanile, en as u gelukkig is, hoor u dalk ook nog die klokkespel.

bespeel. Só het die klokke byvoorbeeld in Desember ons middestad gereeld met Kersliedere gevul.

Die Campanile is in 1923 voltooi om die koms van die 1820 Britse Setlaars te gedenk en in 1936 is die klokke 53 m hoog bo-in die Campanile geïnstalleer. Die grootste is 1,8 m in deursnee en weeg 4 ton! In 2017 is die Campanile gerestoureer en die klokke skoongemaak.

Besoek gerus die Campanile, en as u gelukkig is, hoor u dalk ook nog die klokkespel.

Meer oor:  Mystem  |  Ontdek  |  Port Elizabeth  |  Stadsaal  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.